Kommentaar of kritiek?

Read in English

Navorsing toon dat leer beter plaasvind wanneer daar ‘n positiewe emosionele ervaring van die leersituasie is.emosionele kommunikasie

1. Die verskil tussen kommentaar en kritiek

• Kritiek is afbrekend terwyl kommentaar konstruktief en opbouend is.
• Kritiek veronderstel dat daar ‘n objektiewe regte of verkeerde antwoord is, terwyl kommentaar ‘n respons is wat die individualiteit van die leser weerspieël.
• Daar is drie komponente van respons: persepsie, affek en assosiasie.
• Die assimilasie tussen teks en leser veronderstel dat die leser individueel en subjektief reageer.

2. Die rol van die leser in die onderrig van kreatiewe skryf

Letterkunde is ‘n kommunikasieproses, waarin die leser ‘n belangrike rol speel. Daarom is dit belangrik om in die onderrig van kreatiewe skryf ook te fokus op die respons van die leser op die teks.

3. Skrywers kan oop en geslote tekste skep om leser te laat deelneem aan die herskepping van die teks:
• Oop plekke van onvolledigheid, vaagheid, betekenisbreuke, “missing links”;
• Skep spanning en laat leser deelneem;
• Ruimtes vir vertolking, interpretasie;
• Strategiese onderbrekings in teks.

4. Maniere om konstruktiewe kommentaar (as individuele respons) te lewer

4.1 Die leser se intellektuele betrokkenheid en voorspelling van gebeure

4.2 Die leser se identifikasie en assosiasie met karakters en gebeure

4.3 Die leser se inlewing van situasies en gebeure

4.4 Die leser se emosionele betrokkenheid by karakters en gebeure

5. Kyk hier wat sê die KABV oor luister, lees en kommentaar lewer op kreatiewe skryf.

 

Every human being is entitled to courtesy and consideration. Constructive criticism is not only to be expected but sought. (Margaret Chase Smith)

If you’re not prepared to be wrong, you’ll never come up with anything original. (Sir Ken Robinson)

Collaborative writing is like having another self. (LT Pennisi)

Lewer kommentaar