Kreatiwiteit

Read in English

1. Elemente van kreatiwiteit

Kreatiwiteit diagram

2. Verbeelding

“You can’t depend on your judgment when your imagination is out of focus.” (Mark Twain)

verbeelding

3. Toepassing

3.1 Integreer die kreatiewe proses in die onderrig van kreatiewe skryf

  • Voorbereiding: raak volledig deel van die probleem, stimuleer nuuskierigheid (inspirasie), eksplorasie van al die moontlike elemente
  • Inkubasie: gee geleentheid dat idees in onderbewuste kan broei – gewoonlik d.m.v. stilte, musiek, fisiese aktiwiteite (swem, stort, stap, draf, skottelgoed was)
  • Aha-moment: wanneer die stukke van die legkaart inmekaar pas, insig in die oplossing
  • Evaluering: toets emosioneel en a.h.v. kriteria in die veld
  • Uitbreiding: harde werk om te voltooi (perspirasie)

3.2 Stimuleer verbeelding

  • Luister na interessante woorde; maak ‘n beeld daarvan;
  • Luister na woordprentjies en maak ‘n beeld daarvan;
  • Luister na klankprente in ‘n gedig; gee dit in beeld weer;
  • Teken ‘n prent om gedig te illustreer;
  • Watter kleur(e) sal jy kies vir die prente wat jy geskep het?
  • Vergelyk gedigte van verskillende digters oor dieselfde onderwerp;
  • Nooi digters om oor hulle werk met die kinders te kom gesels;
  • Luister na opnames van gedigte deur goeie kunstenaars;
  • Skryf musiek vir sommige gedigte;
  • Gedigte-parade: laat die kinders aantrek volgens ‘n gedigkarakter.

3.3 Skep ‘n Wordle-gedig

• Skryf al die woorde neer wat jy wil gebruik en voeg dit in op die volgende webtuiste http://wordle.net/create (sorg dat JAVA eers gelaai is);
• Gebruik ‘n ander leerder se Wordle-gedig en skryf jou eie Woordemoes-gedigte met hierdie woorde.

Voorbeeld van ‘n Wordle Woordemoes:
18 okt 2012 van André

3.4 Kies een van die boomprente (versameling 1 of versameling 2) sonder om rasioneel daaroor te dink (maak m.a.w. ‘n intuïtiewe keuse).

Gebruik nou jou prent van die boom van jou keuse om ‘n dagboekinskrywing te maak oor die groei en ontwikkeling van jou kreatiwiteit.

Let op die wortels (latente eienskappe), die stam en boombas (prosesse waaraan jy blootgestel is) en die takke en blare of blomme (jou produkte wat jy reeds gelewer het).

Skryf dan ‘n haiku wat hiermee verband hou.

4.  Stories met verbeelding

4.1 Fantasieverhale, sprokies en wetenskapfiksie is stories met verbeelde werklikhede, verbeelde karakters, in ‘n verbeelde tyd

4.2 Kyk na kenmerke en voorbeelde van verhale waarin fantasie ‘n rol speel.

4.3 Ontleed hierdie soort stories om agter te kom wat die styl-elemente daarvan is.

4.4 Kyk hier wat sê kenners van wetenskapfiksie en na wenke vir die skryf van wetenskapfiksie.

4.5 Gee vir leerders allerlei miniatuur-items (dalk speelgoed, huisies, voertuie, mense, klippe, getalle, letters, diere, alledaagse huisitems soos teesakkies, suiker, ‘n bril, ens.) in ‘n interessante houer wat hulle nuuskierig maak.

Of laat hulle ‘n paar items kies uit ‘n versameling. Laat hulle daarvan nuwe stories skep.items vir stories

4.6 Onthou die volgende (moontlike) elemente van struktuur van die gebeure in stories:

Paradystoestand
Probleem
Pogings om probleem op te los

  • planne en puzzles (raaisels)
  • paaie en ompaaie
  • penaries, petaljes
  • proeftydperk waarin die hoofkarakter getoets word

• oPlossing
Prys vir die oorwinning/oorwinnaar

5. Kyk wat sê die beleidsdokumente oor kreatiwiteit, verbeelding en kreatiewe skryf.

 Imagination (Samuel Taylor Coleridge)

What if you slept …
What if you slept
And what if
In your sleep
You dreamed
And what if
In your dream
You went to heaven
And there plucked a strange and beautiful flower
And what if
When you awoke
You had that flower in you hand
Ah, what then?

15 thoughts on “Kreatiwiteit

      • My life experience is something I would not want any child to go through, thus why I love children and I always want them to be treated as special, not spoiled but know that they have rights too. Most of the children are abandoned by their own flesh and blood and even a pair of shoes to some of them is a luxury.

      • Pantoen
        ‘n warm siel
        die dieper self kruip weg
        lief vir musiek
        op die oppervlak verstrooid

        die dieper self kruip weg
        maar dis bedrieglik
        op die oppervlak verstrooid
        ek weet altyd waarheen ek op pad is

        die dieper self kruip weg
        lief vir musiek
        op die oppervlak verstrooid
        ‘n warm siel

Lewer kommentaar